BORDSPEL DOELWITTE

Die belangrikste doelwitte van die spel is om op ‘n prettige manier mense te toets en hul kennis van die Bybel uit te brei.

‘n Beginerspak van 300 vrae wat slegs op die Nuwe Testament fokus, word ingesluit by die verkoop van elke RQ Bordspelspeletjie. Met verloop van tyd, sal verdere aanvullende pakke beskikbaar gestel word om die Beginerspak aan te vul. Daarna sal ‘n pak vrae van die Ou Testament beskikbaar gestel word. Uiteindelik sal meer as 1500 vrae vir die RQ gebruikers beskikbaar wees.

Alle vrae is skrifgefudeerd direk uit die Blye Boodskap vertaling van die Bybel.

Op hierdie wyse word die RQ doelwit herdefinieer as ‘n vraag-en-antwoord-uitstappie deur die Bybel saam met vriende met ‘n gemeenskaplike liefde om meer oor die Here te leer.

Die vrae sal jou blootstel aan mense, plekke en gebeurtenisse en ander kwessies wat algemene Bybelse kennis is. Op hierdie manier gee RQ lewe aan al die geskiedenis, geografie, persoonlikhede (goed en sleg) en gebeure in die Bybel wanneer feite onthou, bevraagteken en nagevors word.

Hierdie bordspel kan gespeel word deur ‘n minimum van twee deelnemers of deur verskillende spanne. Wanneer die aantal spellers 8 of meer is, word aanbeveel dat spanne van gelyke getalle gekies word om te verseker dat al die spelers deelneem en dus die spel geniet.

RQ is nie vir volwassenes alleen ontwerp nie en daarom sal almal ouer as 10 dit geniet. ‘n Junior-weergawe is nie op hierdie stadium beskikbaar nie, maar al die vrae met ‘n onewe nommer op die gekleurde vraagkaarte, word as ‘n bietjie makliker beskou. Op hierdie manier word vir die jeug voorsiesing gemaak.