BORDSPEL KENMERKE RQ is 'n kennis vasvra-wedstryd uitsluitlik gebaseer op vrae uit die Bybel. Elke vraag het ‘n verifieerbare verwysing na ‘n vers (in die Bybel). Gevolglik is die antwoorde op die vrae altyd korrek en sal dit nie opdatering en verandering benodig nie. Vier (4) vraagkatogorieë word deur middel van gekleurde kaarte onderskei en elke gekodeerde kaart bevat ‘n enkele vraag en antwoord. Die speletjie kan deur enige aantal deelnemers van alle ouderdomme gespeel word. Die pakke kaarte wat by die bordspel wedstryd ingesluit is het slegs op die Nuwe Testament betrekking. Voorsiening is ook op die kleur-gekodeerde kaarte gemaak vir spelers om die antwoorde wat gegee word te verander om voorsiening te maak vir hul voorkeur-vertaling van die Bybel. Die vorm van die kruis op die bordspel is baie opvallend en verskil betekenisvol van enige ander bordspel, Christelik of andersins. Die wedstryde begin op die buite dele van die Kruis en eindig by die middelpunt van die Kruis, waar "Die poorte van die hemel" geplaas is. Die speletjie kan op enige tydstip gestop word sonder om ‘n wenner of verloorder aan te wys. Trouens, daar is geen verloorders nie, omdat almal deur die speel van die spel bevoordeel word. |